Pool Transport het ’n vakante pos vir ’n Yardvoorman beskikbaar. Die pos behels werk in skofte en verantwoordelikheid vir die daaglikse bedrywighede en algemene orde van die yard.
Main Responsibilities
- Toesig oor Algemene Werkers en hul daaglikse take.
- Verantwoordelikheid vir die algemene bedrywighede, netheid en huishouding van die yard.
- Verseker dat Vlootbestuurders se opdragte korrek en betyds uitgevoer word.
- Werk skofte by kliënt, waar toesig gehou word oor die laai van vragte.
- Verseker dat alle nodige papierwerk korrek voltooi en hanteer word.
- Verseker dat instruksies rakende die aflaai van vragte duidelik aan die betrokke persone oorgedra word.
- Handhaaf goeie dissipline, orde en kliëntediens.
Minimum Requirements
- Vorige bewese toesighouerervaring
- Bereid wees om skofte te werk
- Rybewys – kode EB / B (8)
- Graad 12
- Rekenaarvaardigheid
- Tweetalig: Afrikaans & Engels; 3de taal sterk aanbeveling
- Vermoë om onafhanklik te funksioneer en probleme op te los
- Vermoë om effektief onder druk te funksioneer
- Sterk toesighouervaardighede en vermoë om dissipline te handhaaf
- Ingesteldheid om volgehoue uitstekende kliëntediens te handhaaf
Closing Date: 20 September 2026